Estratégia Ministerial

Estratégia Ministerial

GRN het a drievoudige strategie met verband tot die drie hoof komponente van hulle bediening

Opname strategie

GRN stel mense aan, lei mense op en stuur mense uit as opnametegnikuste, navorsers en ook verkillende geskoolde mense van verskeie lande. Hierdie opnamespanne identifiseer belangrike taalgroepe en dan, in samesprekings met bedienings vennote kan hulle die korrekte tekste en inhoud identifiseer en hoë kwaliteit klank- en beeldmateriaal programme produseer wat dan huistaal sprekers gebruik wat die regte kulturele toepaslike style kan oorbing.

Ons programme se primêre doel is om sinvol en eenvoudig die goeie nuus van Jesus Christus te verkondig deur Bybelstories te vertel deur middel van kort verduidelikings en dan ook mense uit te nooi om terugvoering te gee. Ons doel is om te sien dat mense dissipels van Jesus Christus raak sowel as lede van sy kerk.

Ons het selfs al metodes ontwikkel vir opnames in tale waarin daar nog nooit eers geskryf is nie en waarin daar geen mense is wat kan lees of skryf nie. Kontrolering is belangrik vir akkurate kommunikasie.

Geen dorp is te klein of te vergeleë nie. Elkeen behoor die Evangelie te hoor in sy eie taal en in 'n manier wat met sy of haar hart praat, want "Geloof kom deur die hoor van die Woord" (Romeine 10:17)

Verspreiding strategie

Ons doel is om hierdie programme so wydverspreid moontlik te maak. Hulle is tans beskikbaar vanaf ons 30 + operasies reg oor die wêreld en ook vanaf ons webtuistes as aflaaibare materiaal wat verniet is. Ons eie uitreik spanne sowel as baie sendelinge, evangeliste en kerk planters gebruik ons materiaal. Internationale vennote maak ons produkte beskikbaar om selfs nog meer mense te bereik deur gebruik te maak van internet en verspreiding op SD kaarte en verskeie ander harde media. Ons produseer spesiale klank toerusting wat die media kan speel en ons verskaf ook toepassings vir selfone.

Promosie strategie

Deur persoonlike kommunikasie en die media mik ons om die doel van GRN wyd te versprei sodat mense die kans kan kry om betrokke te raak deur middel van gebed, finansiele ondersteuning sowel as persoonlike betrokkenheid as vrywilligers of personeel.

Verwante Inligting

Lees meer